Saturday, May 19, 2012

Aankoms in Venisië

Kosie:
Vanoggend het ons weer ontbyt geëet by die hotel en klaargemaak stasie toe. Ons was lekker vroeg by die treinstasie en het tyd gehad om McDonalds te koop. Ons het in 'n kompartement gesit in die trein saam met 'n Australiaanse rokende tannie. Gelukkig het sy nie in die trein gerook nie! Ons het geen stilte gehad met haar gepratery nie. Toe ons uiteindelik by die stasie uitgekom het toe vlieg ons uit die trein uit. Die stad is volgepak met mense en ons het 'n bootbus gekry om na ons hotel toe te gaan. Ons was verlig toe ons eindelik by die hotel uitkom weg van al die geraas van die baie mense en van al die gerokery. Ons het eerste San Marco plein toe gegaan. Ons was spyt dat ons nie ons beskuit saamgevat het nie want dit help dat die duiwe op ons sit. Gelukkig het ons koekies by ander tannies gekry. Ons het daarna gaan pizza eet by 'n restaurant en toe rondgeloop. Vanaand wil ons nege-uur gaan slaap.

Tjaart:
Kosie het verniet sy reënjas aangetrek by die duiwe want hulle het hom skoon gelos. Hier is die mooiste glasbeeldjies wat ek nog gesien het. Kosie het amper by elke liewe winkeltjie gestop en ingeloop en ons moes hom omtrent uitsleep om saam te kom. Een ding is seker, ons gaan weer San Marco plein toe. Hierdie keer met al die benodighede soos beskuit.

Santie:
Ek voel effe verlore in Venesië. Ons hotel omie kan amper nie 'n woord Engels praat nie en ons met niks help nie. Dis meer soos 'n gastehuis waar ons bly, ons sien niemand hier nie en ons gaan ook nie ontbyt hier nuttig nie. Ten minste is ons lekker sentraal, is dit veilig en skoon in ons hotel.

Sent by my ipad

1 comment:

  1. Tannie Herculine van VeenMay 20, 2012 at 12:05 AM

    Ek is nou skoon moeg getoer net van lees van alles wat julle doen. Julle manne is darem baie gelukkig om n' mamma te hê wat saam met julle so lekker toer. Julle moet dit baie geniet. Ons toer lekker saam. Baie liefde. Tannie Herculine van Veen

    ReplyDelete