Thursday, May 17, 2012

Zermatt na Innsbruck

Vanoggend het die mooiste, blouste, skoonste, varsste lug en prentjie ons begroet by ons venster. Geen teken van 'n wolkie nie en alles is skoon gewas en helder. Dit was omtrent operasie opruim, bymekaarmaak en inpak. Daarby het ek broodjies gemaak sodat ons padkos vir Afrika (Europa) gehad het. Kosie en Tjaart het eier en hot choclate vir brekfis gehad en 'n glas Coke vir die lekkerte. Ek het vir oulaas gesmul aan 'n Nespresso koffietjie, die goedkoopste en lekkerste koffie tot so ver op ons toer. Ek sal definitief Italië se cappucinos nie laat verby gaan nie. Die 1,5 liter coke was teen 10:00 opgedrink. Ons oorklim by Visp het met groot opgewondenheid gepaard gegaan. Dit was 'n dubbeldekker trein na Zurich en ons het bo gaan sit. Ons is deur 'n tonnel in die berg wat gevoel het of dit geen einde het nie, seker amper 15 minute lank. Tjaart en Kosie het in die vorige trein met 'n Indiese seuntjie kennis gemaak en hul plekke opgegee om hom te gaan soek iewers in die trein. Ek het hul vir meer as 'n uur nie gesien nie. As ek ooit gedink het ek gaan lekker op die trein op my ipad lees, het ek 'n groot fout gemaak. Ek sien my ipad nooit nie. Tjaart en Kosie speel òf skaak òf ludo of kyk fotos of blog. Ek het beide iphone en ipad laat wegsit vir ons treinrit deur die Alpe vandag.

Kosie:
Wat vir my lekker was vandag was die treinry en toe ons die seuntjie ontmoet het en met hom kon speel. Die hele plek was vol sneeu toe ons met die trein gery het. Die sneeu het tot op die treinspoor gelê en die bome was ook vol sneeu.

Tjaart:
Vanoggend was die lug mooi oop en dit het my verbaas na gister se sneeu. Ons moes inpak en gou maak om die trein te vang. Ons het 2 keer oorgeklim en het 'n Indiese seun ontmoet. Dit was lekker om met hom te speel. Hulle was ook Zurich toe en het saam met ons oorgeklim. Op pad na Innsbruck toe het ons deur die Alpe gery. Dit was baie mooi gewees. Die sneeu het letterlik tot teen die trein gelê en dit was baie mooi om te sien. Ons het eers 18:06 in Innsbruck aangekom en het dadelik hotel toe gegaan. Guten nacht!



Sent from my iPhone

No comments:

Post a Comment