Thursday, May 24, 2012

Rome dag 3

Santie:
Ons het vanoggend eerste ding 'n speelgoedwinkel gaan besoek soos belowe. Ons het daarvandaan die Piazza Navona gaan kyk met Berlini se fontein. Ons is toe na die Pantheon. Dit was nogals indrukwekkend met sy massiewe groot pilare en hoë koepel. Ons het die bus terug na die middestad geneem en toe met die Metro na die Spanish steps gegaan en dit uitgeklim en die kerk daarbo gekyk. Ek, Tjaart en Kosie was redelik uitgeput toe ons bo kom. Met ons besoek eergister aan die vatikaan kon ons nie die Basilica kyk nie omdat Kosie voete nie meer wou stap nie. Ons was vandag net mooi weer op pad soontoe toe besef ons Tjaart het 'n kortbroek aan. Ons moes toe terug hotel toe, langbroek aantrek en weer die pad vat. Sonder padkos sou sekere toerlede dalk in opstand gekom het en ons het toe vr elkeen 'n burger en koeldrank langs die pad gekoop. Ek is baie bly ons het die St Peter's Basilica gaan kyk. Dit is 'n ondenkbare massiewe gebou met oneindig baie beelde, skilderye en koepels. Die Pieta van Michaelangelo is regtig iets besonders. Nogals 'n merkwaardige stuk bouwerk sou ek sê, maar nie die plek waar Jesus noodwendig sou uithang nie. Ek is nogtans bly ons kon dit sien. Dit slaan jou asem skoon weg.

Sent by my ipad

2 comments: