Tjaart:
Ons het vanoggend vroeg klaargemaak en deur die nou straatjies gestap om met die waterbus te ry. Toe ons op die trein klim was ons bietjie hartseer want dit was ons laaste treinrit. Ons het met Italië se Eurostar gery. Die heel eerste ding wat ons gesoek het na ons by die hotel was was McDonalds.
Kosie:
Die treinrit was baie lekker. Al wat nie lekker was nie was dat die trein bietjie geskud het. Ons het by Rome uitgekom en na ons hotel gestap wat naby aan die stasie is. Ons hotel is baie lekker, maar die kraan se water sleg. Gelukkig is daar baie fonteine wat baie lekker vars water het. Ons is eerste na die Time Elevator toe. Ons het 2 flieks gekyk, een oor dinosorusse en een oor die Romeinse geskiedenis.
Tjaart:
Dit was baie lekker flieks veral die een oor die Romeine se geskiedenis. Toe is ons na die Trevi fontein toe wat BAIE mooi was. Ons het roomys gekoop. Ons het ook verby baie winkeltjies gestap en rondgekyk. Kosie is amper verslaaf aan die winkeltjies. Die beeldhouwerk hierso in Rome is baie mooi.
No comments:
Post a Comment