Wednesday, May 16, 2012

Tjaart en Kosie

Tjaart:
Ek is nie eintlik lus om te tik nie so ek sal maar net kort probeer bly so hier gaan hy: Dit het gesneeu vanoggend en die sneeuvlokkies lyk baie mooi en Kosie het hulle probeer vang en eet. Dis die eerste keer in my lewe dat ek sneeu uit die lug uit sien val. Ons het heeldag in die sneeu rond geloop. Ons was na die Matterhornmuseum toe en dit was baie mooi. Daarna het ons inkopies gedoen en huis toe gekom en gebad en geëet so, lekker slaap!

Kosie:
Dit het vandag gesneeu en ek het die sneeuvlokkies bekruip en dan op een afgestorm en geëet. Ons was na die Matterhornmuseum toe en ons het mooi opgestopte voëls en diere gesien. Ons het ook inkopies gedoen. Daarna het ek gaan bad, dit was vol borrels en ek het besluit om die Matterhorn uit borrels te maak: Dit het baie goed en mooi uitgekom. Nag!

2 comments:

  1. Lyk my julle outjies kuier 'n hond uit 'n bos! Ek toer heerlik saam ek kan nie wag om saans te kom lees van al julle avonture nie.
    Liefde (tannie) Herculine Becker xx

    ReplyDelete
  2. Hi daar dis Lisa, sien julle het 'n wonderlike tyd rn kan nooit wag om te kom kyk wat julle vandag gedoen het nie!!! Ek kan ook glad nie wag tot ons Julie vakansie nie, want dan sien ek julle weer!! Hoop julle geniet elke oomblik en dat julle veilig terug kom!! Al my liefde Lisa!!

    ReplyDelete