Saturday, May 26, 2012

Totsiens Europa

Santie:
Op 'n manier het ons dit reggekry om vandag se skrywe af te vee. Nou is almal bietjie langtand om weer skryf wat reeds geskryf was. Ons is net SO dankbaar dat ons veilig, gesond en in een stuk tuis is waar alles "goedkoop en in oorvloed" is. Ek besef maar net weer hoe bevoorreg ons almal is en watter lewenskwaliteit ons het. Alle eer aan die Here wat ons veilig bewaar het en vir ons soveel wonderlike herinneringe saam gegee het.

Kosie:
Ons het Donderdag heel eerste gaan inkopies doen en ons het vir ons 'n Labyrinth gekoop, vir Daneel 'n speletjie en vir Santie 'n kaleidoskoop. Daarna het ons vir ons roomys gekoop en ek het vir my 2 slushpuppies gekoop. Die Pantheon was baie naby aan die roomys en ons is toe soontoe. Dit was baie mooi daarbinne. Ons het toe na die St Peters Basilica gegaan in die Vatikaanstad omdat ons nie die vorige keer daarby uitgekom het nie.

Die lekkerste van ons toer was Disneyland en die sneeu waarin ons kon speel in Innsbruck en ook die duiwe in Venisië. Die mooiste van alles was toe ons gevlieg het Amsterdam toe en die Alpe se spitse bo die wolke uitgesteek het, en ook Rome se alles.

Tjaart:
O jinne die toer is amper verby maar ek wil graag nog laastens iets sê. Eergister in Rome was baie lekker behalwe dat dit nogals 'n warm dag was. Ons was heel eerste na die speelgoedwinkel toe om vir oulaas iets oorsee te koop. Ons was reg by die Piazza Novona en het daar 'n klomp lewendige standbeelde gesien. Dit was baie baie mooi veral twee "dronk" biermanne. As jy 'n geldjie ingooi dan begin die standbeelde bier drink. Die Pantheon was reg by ons en dit was baie mooi gewees. Daarna is ons na die Spanish steps maar ons het net 'n minuut of twee daar gebly. Toe was ons na die St Peter's kerk toe. Dit was ongeflippenlooflik mooi gewees. Om te dink hulle het dit in die ou dae gebou.

Ek het nog altyd gedroom om Europa toe te gaan en dit was baie mooier as wat ek gedink het. Die lekkerste van Amsterdam was Madam Toussaud se wasbeelde en ons het die eerste keer in ons lewe op 'n trem gery. Brussels se top 2 was die Mini-Europe en ons het die eerste keer metro gery. Parys sal ek nie vergeet vir Disneyland en die Eiffeltoring nie. In Zermatt het ons die heel eerste keer rêrige sneeu gesien en sneeu wat uit die lug val asook met 'n vinnige kabelkarretjie na die sneeu gery. Alles in Innsbrook was baie lekker veral die sneeu. Venisië se San Marcoplein en die rit met die Gondola boot was die beste. Die beste van Rome was die St Peter's kerk wat BAIE mooi was. Die kolosseum het ek baie na uitgesien om te sien maar ek was teleurgesteld dat die grond weg was waarop die gladiators geveg het. Een ding is verseker: Europa is baie mooi. Wat 'n heerlike voorreg!

Sent by my ipad

No comments:

Post a Comment