Kosie:
Mamma het vir my en Tjaart 8:00 wakker gemaak. Ons is eerste met die bus na die katakombes toe. Ons moes baie lank wag vir die bus. Die Katakombes is vol donker tonnels en duisende grafte. Om te dink die Christene het daar in die donkerte weggekruip en kos gekry. Toe is ons in die kerk bo dit waar Saint Sebastian begrawe is. Daar is te veel beelde in die kerk. Ons het daarna weer gewag vir die bus om ons terug te vat na die Metro toe. Ons is toe na die Kolosseum toe. Dit moet erg wees om deur leeus opgeskeur te word. Dit was baie scary daar binne as mens dink aan wat alles daar gebeur het. Daarna het ons in die Forum en Palatine heuwel gaan stap. Daar het ons 'n tipe baba kraai gesien en nog ander kraaie en duiwe. Ek het vir die eerste keer in my lewe 'n seemeeu gesien met 2 piepklein kleintjies. Ons het daarna nog baie gestap. Daar is baie arches, ons het nog 3 gesien. Die een boog is stupid want 'n ou (Titus se opvolger) het dit laat bou in 81 AD om hulle oorwinning oor Juda te vier. Ons het met die Metro na McDonalds gery en vir my 3 wegneem burgers bestel. Ons is toe na 'n restaurant waar Mamma en Tjaart Pizza bestel het.
Tjaart:
Vanoggend het ek lekker opgestaan en vinnig klaargemaak. Die ontbyt is lekker maar ongelukkig sonder eiers. Die Katakombes was baie interessant. Mens kan baie maklik verdwaal want daar was baie sygangetjies. Die Kolosseum was goed maar ek het iets beters verwag. Ek het gehoop hulle wys rolprente oor wat daar gebeur het. Mamma het gesê sy sal miskien vir ons 'n gladiator fliek uitneem om te kyk. Die res van die dag was stap stap stap en kyk kyk kyk. Die stap stap stap was sleg maar die kyk kyk kyk was lekker. Die reünes was lekker. Om te dink dit staan nog vandag nadat dit 2000 jaar gelede gebou is. Dit is vir my baie verbasend dat hulle so lank terug al sulke mooi goed kon bou.
Sent by my ipad
No comments:
Post a Comment