Sunday, May 20, 2012

Venisië

Tjaart:
Ons het heerlik laat geslaap en toe na die Coop toe gegaan vir ontbyt. Ek het Pizza gehad, Kosie het croissants en Mamma het 'n toebroodjie gehad. Daar is 'n hot choclate en koffie masjien en ek en Kosie was baie lus om die masjien te koop. 'n Hot choclate kos 50 sent (Euro) en smaak baie lekker. Daarna is ons weer San Marco plein toe, hierdie keer gewapen met beskuitkrummels. Die duiwe het die heel meeste van ons gehou omdat ons beskuitkrummels die lekkerste was. Daar het tot 4 op 'n slag op my gesit en dit was baie snaaks want hulle het die heeltyd baklei oor wie die krummels uit my hand kon eet. Een duif het amper 5 minute lank op my gesit. Ons het gestap na die Rialto brug en saam met 2 Amerikaners op 'n gondola gaan ry. Venisië is definitief 'n baie mooi stad. Dit was baie lekker op die gondola en ons het dit baie geniet. Ons is daarna terug San Marco plein toe en het weer 'n bietjie met die duiwe gespeel. Ons is toe toe op met die toring tot heel bo. Vandaar kan jy die hele Venisië van bo af sien. Ons kon ook die laaste deel van die bootresies sien van bo af. (America's Cup- catamarangs). Ek het vir my 24 klein glasdiertjies gekoop wat baie mooi is. Ons het 16:00 die San Marco klok gekyk waar 4 mannetjies voor die Jesusbeeld buig. Ons het aandete by die Coop gaan koop en teruggegaan hotel toe omdat dit begin reën het. Weereens: Venisië is baie mooi!

Kosie:
Dit was vir my baie lekker om die duiwe te laat sit op my. Ek kan nie glo dat hulle so mak is nie. Hulle het omtrent altesaam 50 op my gesit deur die dag. Eenkeer het ek gaan lê op die grond en krummels op my gegooi toe kom sit al die duiwe op my. Ons het daarna op 'n toring opgegaan toe koop ek vir my 24 glasdiertjies wat baie mooi lyk. Ons was ook op 'n gondola en dit was baie mooi gewees.


Sent by my ipad

No comments:

Post a Comment