Tuesday, May 15, 2012

Sneeu

Tjaart:
Vanoggend het ek lekker gemaklik opgestaan (uiteindelik!) en dit was baie lekker. Ek kon net nie wag om na die sneeu toe te gaan nie en het almal probeer aanjaag om vinnig te maak. Toe ons uiteindelik met die kabelkarretjie na die sneeuberge toe was het ons ons verkyk aan die natuur en sneeu. Ons moes twee keer oorklim in n ander kabelkarretjie om heel bo te kom. Toe ons uiteindelik bo gekom het het ek en mamma kleedkamers toe gegaan om warmer aan te trek en Kosie het gese: toe ek onder was lyk ek soos n vet vark maar toe ek bo is toe lyk ek soos n vet bees! Ek en Kosie het heerlik in die sneeu gespeel en mamma het verkies om ons te fotografeer. Daarna was ons na die yspaleis toe waar hulle n klein slide gehad het en ons almal het daar af geslide. Ek het begin kopseer kry en het aangedring om weg te kom van die yspaleis wat baie mooi was. Ons het hot chocolate gedrink om ons weer warm te maak. Mamma se vingers het amper gevries en my en Kosie se hande was lekker warm en moes mamma se vingers vryf om dit warm te maak. Ons almal het begin altitude sickness kry so ons het maar weer af gegaan en inkopies gedoen. Dit was n heerlike vriesende, mooi dag gewees. Praat weer more! Goeienag!

Kosie:
Ek het vanoggend rustig op gestaan. Ons het rustig klaar gemaak om sneeu toe te gaan. Toe ons op die kabelkarretjie kom, kon ek nie meer wag om in die sneeu te speel nie. Ons het net daar aangekom toe vlieg ek en Tjaart uit die kabelkarretjie in die sneeu in. Ek het baie erg gegly, want die sneeubaan (slope) was baie glad. Toe ons in die ys paradys (tonnels binne-in 'n gletser) inkom toe begin ek allerhande pyne kry, maar dit was vrek mooi daar binne. Daar was 'n ys glybaan in die ys paradys, ons het heerlik daar af gegly. Daarna het ek aangedring om uit die ys paradys uit te kom. Ons het gelukkig hot chocolate gedrink om warm te bly. Daarna wou ek net ondertoe gaan, maar Mamma het gesê ons moet halfpad stop om te kyk wat daar aangaan. Daar het Mamma en Tjaart die Matterhorn gekyk (ek het hom ook voorheen gesien.). Toe hulle twee gaan kyk het het ek soos n dooie rob op die sneeu gelê.
Gelukkig het ons by die huis aangekom en ek het beter gevoel.

Santie
Ons het 'n baie interessante dag gehad. Tjaart en Kosie het die sneeu vreeslik geniet. Hulle was definitief die engiste mense wat op hul boude by die ski slope afgegaan het vandag. Ons het vanoggend broodjies gemaak vir middagete en gewapen met appels, Toblerone en broodjies die pad op aangepak, eers teen 11:00 die oggend. Hierdie is mos Toblerone se oorsprong--die Matterhorn. Aanvanklik was ons lig aangetrek. Ons het egter op die bo-punt by 3883m bo seespieël al ons ekstra klere aangetrek. Kosie het sommer 2 onderbroeke en 3 sweetpakbroeke bo-oor mekaar aangetrek. Tjaart het glad nie gedink hy sal koud kry nie, maar moes sy woorde tel! Dit was -6 grade met 'n yswindjie daar bo. Gelukkig kon ons elke nou en dan gaan ontdooi in die restaurant. Die "glacier palace" het allerhande ysbeelde en natuurlike tonnels in die gletser. Dit was 'n belewenis. Ek dink die hoogte en koue het ons gevang want ons al drie het skielik sleg begin voel na so 'n uur of twee daar bo. Kosie en Tjaart het hoofpyn en maagpyn gekry en naar geword. Ek het sedert die vorige dag al 'n effense narigheid op my. Almal het beter gevoel toe ons weer onder kom. Die sneeu was regtig baie mooi en daar was 'n hele klomp slopes wat oop is vir ski. Kan nie sê dat ek nie so bietjie lus was nie!

Sent by my ipad

1 comment: